"Die krag van My Lig-Woord sal die deur oopmaak. Ek sal die S.O.S. in My Goddelike kragveld opneem. Julle planeet-wêreld is in groot gevaar - nie die gevaar van stoflike vernietiging wat mense vrees nie, maar geestelike armoede. Julle planeet is geestelik so arm, dit is in My Lig die armste van alle planete.

Die redding van planeet aarde is My boodskap van Lig al die jare. Dit was bedoel om die mens te red uit die duisternis.

Sonder My Lig is die mens reeds dood, geestelik dood. Hy sal nie meer die pad na sy ware huis, My koninkryk, kan vind nie. Sy siel, die belangrikste deel van 'n mens, sal sonder My liefdeslig vir altyd verlore wees.

Alleen daarom het Ek jou toestemming gegee om My dringende boodskappe te publiseer."