Die Boodskap oor die Suid-Afrikaanse Landsvlag

"Julle is 'n land, 'n gelowige land, 'n land wat deur My geskep IS.

'n Land waar die eerste lewe ingestroom het.

'n Land waar mense die Bybel en die Boek van Henog ingebring het.

'n Land waar julle nie woon om dood te maak nie, maar om My Woord van Lig te bring: Laat Daar Lig Wees.

'n Land waar Ek My vingerafdruk geplaas het.

'n Land waar die wonde van Christus die vlag geword het.

'n Land waar Sy teken wapper as julle vlag.

'n Land waar Christus se boodskap openbaar is dat Sy wonde aan die kruis Sy vingerafdruk IS.

'n Land waar My vingerafdruk op Tafelberg geplaas IS.

'n Land waar My vingerafdruk in julle bloed geplaas IS as teenliggaampies.

'n Land waar My vingerafdruk in die wreld en diep in die grond afgedruk IS.

'n Land waar die toermalyn My vingerafdruk dra.

My vingerafdruk en julle vlag het drie dele: -

Die Vader

Die Seun

Die Heilige Gees

'n Vlag wat wapper met golwe van Lig.

'n Land waar die spiraal van Lig vanaf die Groot Knal tot by julle die vingerafdruk dra.

'n Land waar My teken in alles IS wat lewe, in elke koolstofatoom om dit 'n diamant te maak.

'n Land gedruk deur oorlog en swaarkry totdat die koolstof in julle en die steenkool in die grond diamante word.

'n Land waar diamante die draers van Lig word en die reënboogkleure uitstraal.

'n Land van reënboogkleure, 'n ware Goddelike reënboognasie.

'n Land wat al twaalf kleure van die Nuwe Jerusalem dra.

'n Land waar die fondasies gelê word vir 'n nuwe toekoms, 'n nuwe wêreld, 'n heilige wêreld, 'n nuwe Hemel and die Nuwe Jerusalem.

Alleen Lewe.

Alleen Lig.

Alleen Liefde.

LAAT DAAR LIG WEES."

o-o-o-o-o

Hierdie boodskap is op 13 Mei 2002 ontvang.

Toermalyne met die Vingerafdruk van God is in die negentien-sewentiger jare deur Dr Friedrich Benesch gefotografeer. Hulle is gevind in die suide van Madagaskar, wat in de begin aan Mosambiek vas was. Hulle was deur God geplaas om die influks van duistere magte na die sondeval aan bande te lê. Soos met die komende instroming van die Christus-Lig, wat die eerste in Suider Afrika gaan inkom, het die duister magte in daardie tyd ook hier ingekom.

 

In mediese terme word die Y-simbool gebruik vir teenliggampies om infeksies te bekamp, soos onder aangedui: -

 

Hieronder word simbole uit Stephen Hawking se boek aangedui. Twee verskillende teorieë vir die Groot Knal word uitgebeeld: -