Mev. Wil Laponder

[1] Agtergrond: Op Goddelike instruksie het Mev. Wil Laponder en haar man Jan in 1953 van Holland na Suid-Afrika verhuis. Die hoofdoel was om te werk en bid dat Suid-Afrika die komende aardbewing wat in Openbaring beskryf word, gespaar mag bly.

Sy het die Goddelike gawe van genesing eers ontvang nadat hulle hul hier gevestig het. Vir omtrent dertig jaar lank lank het hulle 'n Goddelike genesingsentrum "De Ark" in Pretoria Oos bedryf. Duisende mense is daar genees.

Volgens Goddelike boodskappe sal Suider-Afrika alleenlik die komende aardbewing vryspring as daar genoeg Goddelike Lig in die land is. Om daardie doel het sy dekades lank help bou aan geestelike Lig-pilare in die land en in die atmosfeer bokant die land.

Sy het vir die eerste keer op 'n kamera beeld verskyn op die KykNet televisieprogram "Sandra Op 'n Drafstap" op 9 April 2001, op die ouderdom van 84 jaar

[2] Hoor sy 'n Stem soos 'n geluid?. Nee, God preek met haar in Sy stille taal, 'die taal van die begin'. Sy kon reeds op 'n vroeë ouderdom Sy Woord hoor.

[3] Soms lyk dit asof God die Vader 'n sin in 'n paragraaf spreek gevolg deur 'n sin deur Christus in dieselfde paragraaf. Op 'n vraag hieroor het sy gesê "Dit is presies hoe dit gebeur. Onthou Christus het gesê 'Ek en My Vader is een'... Mens kan hulle nie skei nie."

[4] God sê soms 'Amen'. Wat beteken dit? Dit is 'n beklemtoning die geestelike krag van Sy Woord, soos 'n pouse in musiek, waar die noot langer voortduur...

[5] Wat is God se Lig van die begin? Sien Genesis1:3 "En God het gesê: Laat daar lig wees! en daar was lig." Hierdie Lig was nie die son nie - die son en die maan het eers later gekom, op die vierde dag, soos beskryf in Genesis 1:16.

Met die verheerliking op die berg kon Christus net drie dissipels saamneem wat Hom in Sy ware Lig-gedaante kon aanskou. Die ander sou, op daardie stadium van hulle ontwikkeling, nie die aard daarvan kon verwerk nie.

Dit is dieselfde lig wat Paulus verblind het op pad Damaskus toe soos beskryf in Handelinge 9:3, dieselfde Lig wat Christus se afdruk op die Kleed van Turyn ingeëts het.

Die Wolk van Getuienis is die teken van die Seun van die Mens (Matthéüs 24:30). Mense sal doodskroei: "en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf", omdat hulle nie God se liefdes-Lig kan absorbeer nie.

Dit is die Lig van die Nuwe Jerusalem, waarvan die Lam die lamp IS.

[6] Na aanleiding van die gedeeltes oor die Heilige Maagd, is Wil Laponder Katoliek?Vanweë die universele werk wat sy doen was sy nooit verbonde aan 'n bepaalde kerk nie. Die belangrike boodskap wat Christus vir haar gegee het, was toe sy op pad na Lourdes was tydens 'n besoek aan die geestelike sentrums van Europa.

[7] Wat is die simboliek van die syfer 8? Dit is die simboliese tyd van Christus se wederkoms. Christus het op die agste dag na Sy kruisiging vir Sy dissipels verskyn. Die syfer versimboliseer ook twee sfere wat by mekaar uitkom, die Nuwe Aarde en die Nuwe Hemel.

[8] Wat is die agt-klank? Pythgoras het ontdek dat daar 'n verlore element in die oktaaf is. Dié element het verlore gegaan met die val van die mens. Die herstelling van 'n mens se ontvanklikheid vir dié harmonie is vir die Nuwe Aarde beskore.

[9] Addisionele Vrae. Die publiseerder sal probeer om gepaste vrae wat herhaaldelik voortkom hier te publiseer, met antwoorde. Vrae kan gerig word aan die publiseerder.